- Download preek als PDF bestand    (Klik hier voor grote letter)
 - Download liturgie als PDF bestand
 
- Terug naar menu


Liturgie.

Votum en seëngroet.
Sing: Psalm 42:1,5
Wet van die HERE
Sing: Psalm 43:4
Gebed
Skriflesing: Hebreërs 1
Sing: Psalm 110:1,2,3
Preek oor Hebreërs 1,1-2a
Sing: Skb 3: 1 en 2
Gebed
Kollekte
Sing: Skb 33: 1-3
Seën


Preek over: Hebreeën 1:1-2a

Gemeente van ons Here Jesus Christus, broeders en susters,


Het julle al ‘n boek gelees waar die hoofkarakter eers in die laatste gedeelte van die boek op die toneel verskyn? Of ‘n film waar die hoofrolspeler eers bekend gestel word aan die einde van die fliek? Ek glo nie. Die hoofkarakter word vinnig bekend gestel. Want die boek of fliek draai mos om daardie persoon!

Daar is egter ‘n boek in die wêreld – ‘n dik boek- waar die hoofpersoon eers in die laatste gedeelte genoem word en voorgestel word. In my Bybel van 1255 bladsye kom die naam Jesus eers voor op bladsy 945. ‘n Mens moet dus 75% van die boek lees voordat die hoofpersoon self verskyn.

Nou is dit vir ons as Christene, wat bekend is met die bybelse geskiedenis, nie so vreemd nie.

Maar dink ‘n bietjie aan mense wat onlangs vir die eerste keer ‘n Bybel gekoop het. Moontlik was hulle nuuskierig omdat daar nog oor Christus gepraat word. Hulle was waarskynlik verbaas en teleurgestel dat daar niks oor Christus in die eerste gedeeltes gesê word nie. Waarom word dit ‘n christelike boek genoem, waar is die gedeelte oor die Kind wat in die stal gebore is en op so baie skilderye uitgebeeld is. Waar is die Gekruisigde wat in so baie kerke uitgebeeld is en op die omslae van CD’s en DVD’s pryk soos die Mattheuspassie?

Ja, as ‘n mens die Bybel opsom is dit ‘n boek oor God en oor Israel. Eers aan die einde word dit ‘n boek oor Jesus. Dit lyk asof Hy ‘n laatkommer in hierdie geskiedenis is.

Nou is dit so dat ons as christene nie eintlik die gevoel het dat Jesus laat in die geskiedenis van die mensheid verskyn nie. Sy geboorte is immers die begin van die christelike jaartelling. Sy kruisiging was omstreeks in die jaar 33. Jesus is die begin van ‘n tydperiode wat nou meer as 2000 jaar verder is. Omdat ons die jare tel vanaf die koms van Jesus Christus, lyk dit asof hy aan ‘n begin staan en nie aan ‘n einde nie. Maar, ons jaartelling is op hierdie punt, ietwat misleidend.

Kom ons veronderstel dat ons in Israel woon en daar die evangelie mag verkondig: dan sou ons hulle jaartelling moes gebruik en was Christus in die jaar 3760 gebore en in die jaar 3793 gekruisig
.
Of as jy ‘n sendeling in China was dan was Christus in 2697 gebore en was Hy gekruisig in die jaar 2730.

Met hierdie jaartellings voel dit anders. Nou besef jy dat daar amper 4000 jaar verby gegaan het voordat Jesus verskyn het, en by die Chinese 3000 jaar.

Dus eers na amper 1000 bladsye van ons bybel, na duisende jare van die wêreldgeskiedenis, kom die hoofpersoon eers in beeld.

Maar gemeente: dit is ook presies wat die Bybel self sê.

Op die Pinksterdag haal Petrus die profeet Joël aan: Hy het geprofeteer dat die Gees in die laaste dae uitgestort sal word: aan die einde van die geskiedenis. (Hand.2:17). Ook Petrus skryf aan die Christene in Turkye dat Jesus verskyn het aan die einde van die tyd (1 Petr. 1:20).

En dan die skrywer van die brief aan die Hebreërs: God wat voorheen deur die profete tot die vaders gespreek het, spreek nou “in hierdie laaste dae” tot ons deur die Seun!

Gemeente, is dit nie ‘n bietjie vreemd en abnormaal nie?

Indien die lang voorgeskiedenis voordat Jesus verskyn het, ‘n lang en stadige ontplooing was van Jesus se koms, was dit nog verstaanbaar. ‘n Mens kan nog ‘n boek aanvaar waar die hoofkarakter-verskyning die klimaks vorm na ‘n lang pad van voorbereiding. ‘n Geskiedenis wat stadig ontvou na die intog van ‘n koning.

Gemeente, die werklikheid is egter anders. Die duisende jare sonder Christus was alles behalwe ‘n tyd waat die rooi loper uitgerol is en die spanning stadig opbou. Ook is die honderde bybelbladsye voor die geboorte van Jesus, beslis nie ‘n verhaal wat naadloos uitloop op die koms van die hoofpersoon nie.

Dit is eerder die omgekeerde.

Die amper 1000 bybel bladsye wat die hoofkarakter voorafgaan, wys ons hoe die paaie gekies is in alle rigtings behalwe die regte rigting.

Reeds in die prille begin is daar tweespalt tussen Kaïn en Abel

Ook die die spraakverwarring by die toringbou van Babel lei tot baie paaie na verskillende lande. Die eenheid van die mensheid is gebreek, en een koning vir die een mensheid lyk onhaalbaar.

Met die geskiedenis van Abraham lyk dit asof daar ‘n konsentrasie, ‘n fokus is op ‘n toekoms van een Hoofpersoon in wie alle geslagte van die aarde geseën sal word. Maar na ‘n kort tydjie blyk dit dat daar verwarring is, die volk draai weg na die afgode, rigters en konings verloor die draad. Die verwarring en afdwaling is die hooftema in die boek. En dan word die boek se hoop verbreek met die ballingskap.
As mens die Bybel analiseer as een samestelling van een verhaal, is die Bybel seer seker die slegste geskrewe boek ter wereld. Die drade breek af, storie- lyne verdwyn. ‘n Mens raak verward.

En dit is ook waar vir die wêreldgeskiedenis.
Ons as mense maak van die geskiedenis ‘n mooi opeenvolgende storie, veral met die datums van voor en na Christus. Maar die voorreg van ‘n christelike tydlyn het nie bestaan nie.
Konings en volke het hulle eie jaartellings ingevoer: Die Romeine tel vanaf die tyd van hul stad Rome. Die Chinese tel tyd vanaf hul keisertyd. Die meeste primatiewe volke het nooit getel nie. Die Boeddiste begin by Gautama Boeddha, ens.
Die geskiedenis van die mensheid eindig op in ‘n doolhof van rigtings, daar is nie ‘n hoofpad na één toekoms nie. Daar word nie ‘n rooi loper uitgerol vir die Hoofpersoon aan die einde van die boek of aan die slot van die geskiedenis nie. Inteendeel.

Maar dit wek die vraag op hoekom Jesus nie eerder gekom het nie. Hoekom het hy eers gekom toe die tyd uitloop? Hoekom is die kruis en die oop graf so naby aan die einde? Was daar nie tye waar die koms van ‘n Redder tot versoening beter sou wees nie?

Ons kyk na twee voorbeelde:

1. Die eerste voorbeeld is die geskiedenis na Adam.

Na Adam het die mensheid uitgebrei en daar was baie mense op die aarde. Maar hulle het God vergeet en het hulle vergryp aan baie wandade en sondes. Ja geweld en reuse het die aarde oorheers. Trots en hoogmoed het geregeer.
Toe het God berou gehad dat Hy die mensheid gemaak het en besluit om die mense te laat verdrink. Alleen Noag en sy vrou en kinders het genade in sy oë gevind. Dit is die geskiedenis van die eerste wêreld.
Sou dit nie (volgens ons mening) ‘n goeie tyd gewees het dat daar toe ‘n Kind gebore was, êrens tussen die twee riviereland wat Hom sou laat dood en opstaan vir die versoening van die eerste mensheid? Dan sou die sondvloed mos voorkom kon gewees het?
Maar die naam Jesus bly onbekend en die water styg bo al die huise en berge.

2. ‘n Tweede voorbeeld raak die volk Israël.

In die koningstyd gaan dit van sleg na slegter met die volk Israël. Afvalligheid het die oorhand. Dan besluit die HERE om die tempel prys te gee. Die heerlikheid van die HERE – so stel Esegiël dit – gaan sy huis in Jerusalem verlaat. Die profete skree van angs en skrik oor die onthulling.
Sou dit nie (volgens ons mening) ‘n goeie tyd gewees het dat in Jeremia se dae die Vredevors gebore sou word nie? ‘n Vredevors wat die sondes van sy volk kan dra deur te boet en op te staan as ’n vredekoning. Dan sou die tempel gespaar kon gewees het.
Maar die naam Jesus bly uit. Die tempel word verbrand en Bethlehem word geoormerk.

Volgens die mens sou die kruis op sy plek gewees het in Noag se dae of in Sedekia se dae. Maar dit het eers gekom aan die einde van die dae.

Hoekom? Die bybel gee antwoord op die vraag. Die antwoord is die eerste sinne van Hebreeërs 1:


JESUS KOM AAN DIE EINDE: Hy is God se laaste woord


Ons moet hierdie vers mooi lees: Die outeur van die brief aan die Hebreers sê nie dat God gespreek het deur Jesus toe die tyd op die einde gekom het nie. Nee, Hy sê eers dat “God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete”. Jesus se koms aan die einde is dus nie ‘n aansluiting op die brouwerk wat die mens van die geskiedenis gemaak het nie. Tog het sy koms wel ‘n voorgeskiedenis, dit is die geskiedenis van die profete.

Die profete is die stroom-op of teen-die-draad mense in die wêreldgeskiedenis en in Israel. Die geskiedenis leer ons dat hulle steeds weer op ‘n dooie spoor eindig. Dit lyk asof hulle woorde wegwaai in die eeue. Maar, dit was God se Woorde. En in die duisternis van afvalligheid en ongeloof, roep die profetestem steeds op tot bekering tot God. God laat sy oproep nie verdwyn nie. Hy het op baie maniere in die ou tyd gespreek. Die wêreld was gewaarsku.
Die sondvloed is die einde van die eerste wêreld se geskiedenis. Maar in die geskiedenis was daar ook eensame profete soos Enos wat die Naam van die Here aangeroep het, en Henog wat met God gewandel het, ook Noag wat getuig het van die naderende oordeel.

God het die eerste wereld nie sonder waarskuwings na sy ondergang laat gaan nie. Hy wou die wêreld vashou. Hy het opgeroep tot bekering. In die begin en tot op die eind net voor die sondvloed.
Maar Lameg het gespot en die mense het die profete uitgelag: Hulle vertroue in hul eie krag en in die trotsheid van hulle mega-prestasies was heeltemaal te groot. God het gespreek deur die profete maar die eerste wêreld het volhard in die afwys van die Skepper.

Maar dan is daar die dun draadjie van Noag: nuwe hoop vir ‘n tweede mensheid. Hy gaan uit die ark saam met sy vrou, seuns en skoondogters. ‘n Altaar word aangesteek, akkers word bewerk, met diere geboer, kinders word gebore. Die aarde lyk soos nuut, skoongewas deur die water.

Maar gemeente, wat gebeur? Die hoogmoed is nie afgewas nie, mense verenig hulle in die naam van die regte van die mens, hulle bou ‘n sterk toring as teken van die mensdom. Jagters en geweldenaars domineer die beeld van die mens. Met ‘n ontstellende spoed, word afgode ingevoer en die God van Noag en Melgisedek word vergeet.
Ook die geskiedenis van die tweede wêreld loop nie in die rigting van Jesus nie.

Maar ook hier in die tweede wêreld kom God met ‘n teen-die-draad beweging: Sy stem roep en vra vir terugkeer. Abraham as profeet bid vir Sodom en Gomorra maar die ondergang van die stede leer Abraham om dit te aanvaar in geloof. Isak en Jakob getuig dat hulle ‘n vaderland verwag in ‘n land waar die bewoners hulle as dagdromers beskou. Hoe kan Abraham se gevolg dink dat hulle Kanaan sal besit, hulle besit dan nie ‘n enkele hektaar landbougrond nie.
Ja Abraham se volk moet die stem word wat die mens terugroep na God. Maar die geskiedenis loop weer van die spoor af, tot in die afgrond van die ballingskap. Israel rol telkens weer die loper uit vir die Baals en die Astartes, vir die koningin van die hemel en die geeste in die doderyk. Ja die geskiedenis van die volk van God is nie die rooi loper vir die Verlosser van God nie ondanks die profete van Israel: Eli en David, Elia en Elisa, Amos en Obadja, Jeremia en Esegiël, Haggai en Sagaria. En as die grootste tenslotte Johannes de Doper.

Israël was stil, maar God het gespreek!

En hierdie goddelike oproep deur die profete vra om vorentoe te kyk na ‘n toekoms met God en die verandering van die mensheid.

God het geen steen onaangeraak gelaat nie. Hy het ‘n magtige koningsprofeet David gebruik en ‘n profeet Elia met ‘n vlam-offer. ‘n Profeet van wonders soos Elisa en ‘n profeet met konkrete en sprekende uitbeeldings soos Ezechiël. Profete oor die hede soos Obadja en profete oor die toekoms soos Daniël. Ja enige soort profeet is gebruik met ‘n verskeidenheid van style en middele. God het baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek tot die vaders deur die profete.

Die gebeure is opgeskryf en dit vorm die ou Testament, ‘n boek vol deurmekaar en verskillende geskiedenisse. Maar in die eerste plek ‘n boek waar die voordurende stem van die profete klink, die oproep na terugkeer, waarskuwings, uitnodigings maar ook die dreigende stem van ons Skepper en Vader.

Ja gemeente, en dan kom daar ‘n tyd waar dit genoeg is. ‘n Tyd vir die ondergang van die tweede wêreld, omdat die wêreld hom bly afkeer van die Skepper en afgode bly soek. Hierdie keer nie deur die water nie maar deur die vuur.
Dis waar ons nou is.

Ons kan nie meer aan dit ontkom nie: hierdie onverbeterlike wêreld, waar hoogmoed die samelewing stukkend maak, waar die swakkes omkom en die regspraak verdraai word, hierdie wêreld sal aan die vuur oorgegee word.
Dit is nog ‘n kwessie van tyd, maar die aankondiging het ons reeds ontvang uit die mond van Johannes die Doper. Niemand sal die vuur oorleef nie. Dan is dit verby met die mensheid uit Adam. God rek die tyd, ons het reeds twintig eeue as present gekry. Maar die lug is reeds rooi gekleur. God het aan die einde gekom met sy profete. Luister naar Johannes die doper en wees gewaarsku.

En gemeente, in die einde van die tyd onthul God ‘n onbekende wonder. Tot op die hede was dit verborge. Hy laat ‘n onbekende Persoon opkom: sy eie Seun . Jesus word gebore onder engelesang. Hy genees siekes en wek dooies op. Hy lê sy lewe af op die altaar vir die sondes van die mensheid, vir die eerste en tweede wêreld. Dit het gelyk asof dit amper te laat was. Maar dit was God se keuse en beslissing om genade te verleen in Jesus.

Dit is ‘n baie duur beslissing: dit kos die Vader om sy eie Seun te offer op Golgota.

Ja, dit is die laaste woord: as mense nie luister na die profete nie, sal God sy eie Seun gebruik as Nooduitgang vir die amper-brandende wêreld.

In ons kerklike lewe vier ons jaarliks die koms van Jesus Christus. Sy geboorte in Betlehem. ‘n Geboorte om later te ly: ons dink hoe Hy gekom het om as ‘n offer vir ons te wees. Tot versoening van al ons sondes. Dat hy gekom het om ook na sy sterwe op te staan en op te vaar na die hemel.

Maar gemeente, wat beteken hierdie Christus nou vir ons. Wat beteken sy geboorte, sy lyding, sy opstanding en sy hemelvaart? Wat beteken sy koms vir U? Ja ook vir jou as jongmens? Wat het ek aan Sy koms?

Teenswoordig wil mense ‘n antwoord op hierdie vraag hê. Wat kry ek uit die saak? Mense verwag dan ‘n antwoord wat spesiaal vir hulle uitgesny is. Nou is die vraag nie verkeerd nie maar om die antwoord te aanvaar moet jy bereid wees om verder te kyk as jou eie lewe en jou eie tyd met die steeds afwisselende tendense.

Die skrywer van die brief aan die Hebreers leer ons dat ons Jesus moet aanvaar as die laaste Woord van God nadat so baie profete deur die mens verwerp is. In ander woorde: ons moet deur die Ou Testament lees en dit ons eie maak voordat jy die Deur vind na die nuwe Testament.

Moontlik dink u nou dat die preek nie ‘n baie inspirerende boodskap het nie. In evangelisasie programme vind ‘n mens maar weinig aandag vir Genisis en die sondvloed. Daar word direk oorgeskakel na “Jesus en ek”. Asof ek ‘n nuwe ster sou wees los van die vroeëre sterre en sterrebeelde.

Maar gemeente, dit is ‘n verkeerde siening: jy en ek is ‘n klein onderdeeltjie van ‘n groot mensheid en jy is deel van die geskiedenis en hulle swakhede.

Ja, ons kan ons nie losmaak van die verlede waar ons as mense die profete laat praat het nie. Ons is medeverantwoordelik vir die ramp wat ons die sondvloed noem en as ons nie luister nie sal ons ook medeverantwoordelik gehou word vir die grootste ramp nog, wat die Wêreldbrand genoem sal word.

Die brief aan die Hebreeërs lê ‘n band tussen die vorige generasies en ons. God het eers tot ons voorouers gespreek en ons is hulle klein- en agterkleinkinders. In God se oë is ons één familie met ‘n teleurstellende familiegeskiedenis en ‘n ongehoorsame familie-karakter.

Nou kan ons, onsself gedra asof ons geen deel het aan die ouers, grootouers en voorouers se doen en late nie. Maar God het ons uit een moederskoot gebore laat word. Die naelstring verbind ons aan ons moeders, en aan al die moeders voor haar. Ja tot aan Noag en Adam.

Daar is nog baie volke op die aarde wat nog goed bewus is van hul afkoms. Maar dit is ongelukkig ‘n siekte van die Westerse wêreld wat in die laaste eeue die nuwe denke uitleef dat elke nuwe generasie vars en nuut begin, met ‘n skoon blaadjie.

Ons moderne samelewing is vol selfvertroue en hoogmoed. Ons moet raaksien dat die duiwel belang het dat die moderne samelewing die bande met die voorouers en die mensheid wil los maak. Hy, die duiwel, wil my en jou die illusie gee dat ek in die 21ste eeu ‘n nuwe koning is, ‘n wenner, en dat ek as ‘n indiwidu lewe, leef uit die regte van die mens. Verder dat die tendense, die hedendaagse trant baie belangriker is as die geskiedenis van ons voorgeslagte.

Ons sien daarom ook dat daar steeds weer pogings is om die Ou Testament uit mekaar te skeur. Genesis 1 gaan nie meer oor die skepping in 6 dae nie, David sou nie regtig vir Goliat verslaan het nie en die Bybelboeke gee ‘n visie in plaas van geskiedenis.

Op hierdie manier haal hulle die God wat spreek, uit die Bybel, profete word mense soos ek en jy, ja goddienstig en met integrieteit, maar beperk in hulle boodskap. Ook word die woord tot ons voorouers ‘n saak van die verlede: ons was toe nie daar nie en daarom raak dit ons nie, word geredeneer.

Maar gemeente, laat ons juis in die dae voor Kersfees, die werk van die profete waardeer, hul oproepe en laat ons, onsself skaam dat die hoeveelheid profete nie genoeg was nie.

In die oordenking van die koms van Jesus Christus en sy werk vir ons, plaas God ons in een ry met ons voorouers, Adam en Eva, Lameg en Noag, Nimrod en Saul, Sedekia en Judas. Voorouders tot wie God al so lank gespreek het. En ondanks alles volhard ook die modernste generasie in ongeloof en selfvertroue.

Jesus kom in hierdie laaste dae tot ons. Om te ly en sterf op Golgota. Dit is die skuld van ons en ons voorouers dat hierdie kruis nodig was. Laat ons daarom nou in die herdenkig van Sy koms, saam ons verootmoedig. Christus het nog net betyds vir ons en ons voogeslagte gekom om te sterf en die dood te oorwin.

Die vuur brand alreeds, nog klein, maar dit smeul al. Die byl lê al klaar teen die wortel van die boom.

Die mense van vandag maak ons bang met die pole wat smelt, dit is moontlik ook ‘n groot dreiging vir die volgende eeue. Maar die water sal nie die aarde se einde beteken nie. Daar gaan nie ‘n tweede sondvloed kom nie. Dit weet ons as ons die reënboog sien.

Wat wel vas staan is dat hierdie moderne, onregverdige wêreld sal vergaan as gevolg van vuur: die groot wêreld-brand. Aan dit word geen films of aandag gewy nie. En tog sal alles deur vuur verbrand word. Ons lewe aan die end van die tyd.

Maar daar is op hierdie laat tydstip nog ‘n ontsnappingsmoontlikheid - Jesus Christus. Laat die dae voor Kersfees dan dae wees waar ons werklike aandag het vir Sy koms. Werklike aandag vir Sy pad na Sy kruis, Sy opstanding en hemelvaart. Sy eensame pad vir ons. Sy vasberadenheid om voort te gaan van Betlehem na Galilia na sy Vader.
Laat ons dan stil word en dankbaar wees vir sy koms wat nog net betyds was. Laat ons stilstaan by die feit dat ek en u maar ‘n baie klein onderdeel is van die groot geskiedenis.

Laat ons mekaar help om uit die ideologie van individualisme te kom. Laat ons ons plek opneem in die geskiedenis van ons menselike familie. Daar deel ons een geskiedenis, van die een menselike geskiedenis met een verantwoordelikheid. Dan kan ons onsself verootmoedig en skaam oor die geweldige geduld van ons God wat so lank profete gestuur het. En dan kan ons weer verwonderd word oor die feit dat God op die allerlaatste met die allerduurste inset gekom het deur Sy eie Seun, die enige werklike onskuldige te laat boet en sterf.

Jesus was ook die enige wat kon gesê het: Nee, dit was nou genoeg gewees. Maar Hy deur wie God die wêreld geskep het, het sy hande uitgestrek om deurboor te word met spykers toe dit een minuut voor twaalf was.
Laat Kersfees ons help om stil te word en God te dank in die laaste uur van die wêreldtyd.

AMEN


- Terug naar menu